Over Zonde vanuit Zuid-Afrika

Ek is ‘n Suid-Afrikaner wat van tyd-tot-tyd Nederland besoek vir werk. Voor my laaste besoek, wat verlede week was, het ek op Radio 2 deur die internet die laaste gedeelte van ‘n onderhoud met jou gehoor, asook een van jou liedere. Dit was vir my baie mooi, maar ek kon nie hoor wie die kunstenaar is nie, asook die titel van die liedjie.

In Sounds Tilburg het ek probeer om te verduidelik hoe die lied klink en die eienaar het ‘n paar opsies vir my gegee. Die eerste cd was joune en die eerste lied, “De eerste keer”, was dieselfde lied wat ek gehoor het. Ek het die cd gekoop en terug gebring na Suid-Afrika, waar ek dit gereeld luister. Dit is ‘n besondere goeie album.

Groete, Bennie